
Dit was in dommel-slaap
waar ’n diep, dog helder droom,
my laat sweef en swiep, asof opgegraap
in ’n onsigbare lugstroom –
ek kon vlieg na waar die witste wolke bol
teen blou, blou lug;
en momenteel selfs tyd laat stol
in my ongebonde vlug –
en wie sou ooit kon wis
dat ek in dié stille oomblik
onsterflik is
So Hum