Eerste Ontwaking

Dit was in dommel-slaap
waar ’n diep, dog helder droom,
my laat sweef en swiep, asof opgeraap
in ’n onsigbaar' lugstroom –
ek kon vlieg na waar die witste wolke bol,
teen die asuur-blou lug;
om momenteel selfs tyd te stol
in my ongebonde vlug –
en dan in vreugdevolle sielerus,
van alles wat net-is,
raak ek diep bewus:
dat Ek-self ook onsterflik is.

So'hum, So'hum, Shivo'hum