Nagbreek (Vanderbijlpark - 1973)

Die son se vlug voor die grys griffioen,
laat ’n sleepsel van bloed wat in vuil vermiljoen
die nag se skadu vooruit kruip

en oor die gyl geel groei ’n somber grys,
tot slegs die rooi getinte wolke-punte
die laaste van die dagraad wys

en die dag se groenste boom staan stil en skamper,
wagtend op die ooster skyn, gekleed in lamfer