
Bakoven se dassies sit in klossies en waag vir die son se vroeë strale
op ronde rotse wat soos olifantrûe in die vlakwater dyn —
die ronde rotse wat die twaalf vir hul gegee het;
Pretensieloos, uitgestrek in die oomblik, waarvan lêpklek is ruim
en hulle hoef nie mekaar se son te steel —
op die ronde rotses wat die twaalf vir hul gegee het;
Blinkvet van groen gras, pienk vyge en geel gousblomme,
wat in die sandrige skure groei —
van die ronde rotses wat die twaalf vir hul gegee het;
En tussen die uit skuim wat in slierte soos cirruswolke op die water sterk,
dobber seebamboese soos duisende baaiende dassies —
blinklyf tussen die groot ronde rotse wat die twaalf vir hul gegee het;
Nog die swart oesterwanger, al skrillend in verblyvlug,
nog die stampende stoet van soensokers, wat angstig digitale oombelike kaap,
versteur die sluimererende satori waarin hul die twaalf se seëninge tel.