
'n tolbos, 'n rolbos, het dié landskap mos geverf,
en sag met grys-olyf deurspek,
op skakerings van sand- en roesbruin,
onder eindloos blou lug wat bo die swartberg strek —
die mense — hulle het later eens gekom,
in die wit huisies wat onder bloekoms skadu vind,
daar waar soet vye en rooi granate lok,
om hul vir nog bietjie langer hier te bind;
maar as die warreld stofsuile draai,
onder die son se ongeankbaar baan,
het oë hul wild en wyd, soekend gewonder
waar hul nou kan gaan;
tot eindelik, in die koel aandlug
en knus in vriendskap omvou,
het die onsekerheid in hul oë versag,
en is aan hul toevertrou,
om te hoor hoe die tolbos opnuut die landskap verf,
in skemerlig onder sterreprag,
vir môre, en môre se môre,
en wat ook daarna op hul mag wag...