Meimering

op pad terug
het ek by die boonste kamp
'n wyl' vertoef,
leunend teen die hek,
met ken in die hand gestut;

vir hoe lank, onthou ek nie,
nòg waar my gedagtes was,
maar toe ek daar weg stap
moes ek net terugkyk
en het myself steeds daar sien staan —

in die oomblik verloor,
tog 'n baken,
waar ek myself weer kan vind