
Waar kreupelhout hang oor 'n blare tapyt
en knoets-wortels die paadjie anker bo die see,
maak ryke komorante reg vir ontbyt -
wyl ons as 'bygangers tydloosheid betreë.
En in 'n vallei waar stroompies met soet water sleur
tot 'n diepvloeiende donker rivier,
wat teen die oseaan se gety durf beur
en saam met wind en sand, die ewige rotse glad skuur.
Dis hier waar my voetval moeisaam sy weg vind
en die asem my longe voel brand,
waar ek my gedagtes tot stilte kan bind
en dankbaar reik na 'n helpende hand.
Nou weer tuis, lê ek skoon en versorgd in my bed;
steeds klou ek aan elke tree met stille verset.