pranayama

Ek wag op die asem -
wetend Hy sal kom
onwillekeurig,
soos op die dag wat God dit in my neus ge-adem het.
Dan sag soos die streling van die Geliefde
vul dit my met soete stilte -
om net weer te ledig -
van gedagtesongevormd,
in oorgawe van die oomblik.
Om op nuut weer wag op die asem -
wat my sal vul
met die leegheid van niks wees
met die volheid van wees