Om te kan stap

girts, garts, kris , kras —
stowwerige stewels
en sokkies met klitsgras,

met reëlmaat van voetval
en ritmiese asem-teug,
die tamheid van liggaam
wat jou tog diepweg verheug;

want van waar ek ookal myself kon bevind
is ek nou hier, asof vooraf bestemd.

daar voor wys bakens waar die pad nog mag lei,
maar hier, nou, sweef my siel soos ’n arend,
op winde — van gebaande weë vry