Stilte van niks wees

Ek leef,
asoft iewers op 'n kartesiese vlak -
'n denkbeeldige punt,
op 'n projeksie
van God se oneindige heelal.

Hier - soms die martelaar,
soms die nar
fliet ek kortstondig,
oërskynlik hulpeloos verlore,
in die stilte van niks wees -
die nikswees van nou.

Tog kan ek weet:
ek is veilig in Sy arms omvou.