
Deurdrenk tot die vel
met net die reën as my jas,
wyl druppels
soos ou vroue met knoprieries rondom my plas,
en die reuk van water, grond en gras, -
nou van stof en stuif, skoon gewas,
met ’n donderblits as tafereel ontvou
soos ’n figuursaag wat n legkaart pas
en ek die blokkie wat immer ontbrekend was,
my plek vind,
veilig omring en geborge vas