Storm bui

Deurdrenk tot die vel
met net die reën as my jas,
wyl druppels
soos ou vroue met knopkieries rondom my plas,
en die reuk van water, grond en gras, -
nou van stof en stuif, skoon gewas,

met ’n donder-blits as tafereel ontvou
soos ’n figuursaag wat n legkaart pas
en ek die blokkie wat immer ontbrekend was,
my plek vind,
veilig omring en geborge vas