
vanoggend wou ek so graag weer soos ’n kleine kind
dat iemand my styf in ’n abba-kombersie sal bind,
en dra teen haar sagte lyf, neuriënd en onbelas;
en dat alles net reg en goed en veilig was —
ten minste dié alles wat ek toe van wis,
wat eintlik maar niks was, en seker nou steeds is
toe gaan stap ek maar,
sommer doelloos en in meimering verval,
of was dit wroeging, maar in ieder geval —
toe ek struikelend oor die duin die see en berge om my beskou
besef ek, ek’s hier in die natuur se kombersie omvou:
Thula, thula baba,
thula thula sana,
Pappa kom môre om jou te haal,
en bring dan vir jou van soet-pap ’n maal
Thula, thula; thula thula baba,
thula baba, thula thula sana,
Om Tare Tuttare Ture Soha