Klipwerk

Duskant die leegheid,
lank voor die heelheid,
lê vorm:
vloei, gestol in die oomblik;
net om te morfeer onder beitel en vyl
tot ’n uitbeelding, die vergestalting —
ván doel as betekenis —
gedagte geëtst in die ewige.

(opgedra aan David Steele)