
So, waar is elders dan?
Elders is êrens waar ek nie is nie,
nóg in gedagte,
nóg in gedaante
anderkant anderkant...
verby anderkant —
ongekarteer, koördinaatloos
ongevormd en ongenaamd
sonder sin, sonder rede en tog
is die kernpunt van perfekte kennis
insig — volledig en bekend
beskrewe en gebaken
hier, hier...
net in die oomblik,
net hier —
elders is órals waar ek is,
sonder gedagte en gedaante