
Mag jou jeug weer nuut word soos die van 'n arend -
een veer per vlerk, twee op 'n slag;
want steeds ry jy die wind
om jou prooi te kan jag.
Mag die goeie jou siel versadig
en vrede vind wyl jy wag,
want jonk word neem sy tyd -
een veer per vlerk, twee op 'n slag.