Bladmusiek

Klank verewig op papier,
in afgemete notasie -
harmoniese frases
van tempo en timbre -
ontsluit die melodie,
'n refrein wat weerklink
in die kosmiese bewussyn,
maar aan één toevertrou
om vir die nageslag te behou.

Geskape na die beeld van 'n Skepper,
vervul ons ons hoogste doel wanneer ons deel in die skepping.