#

Seebamboes, gestrooi soos teeblare op die strand,
wyl swerms strandvlooitjies ongesteurd wip op die sand.
Sal 'n wiggelaar wil waag: wat gaan dié dag inhou?
Nee, kom ons hoppetie-hop, daar's niks om aan vas te klou.