
Laasnag het ek gedroom, ek is ’n naaldekoker
met net die wind onder my vlerke
en die son wat ’n reënboog op my kaats,
vry om rond te vliet tussen die vlei se riet,
sonder self, sonder sorg, vind ek my ter plaats.
Toe ek ontwaak was ek steeds daar — mens.
Nou word ek genoop te vra:
Is ek mens, wat droom ek is ’n naaldekoker,
of dalk die naaldekoker wat droom hy is mens.
Na aanleiding van Zhuangzi se allegorie - Dream of a butterfly.