
as kind was ek vas oortuig:
die boomtakke wat swaai,
die riete wat wieg, die windpomp wat draai,
hulle almal werk saam die wind te maak waai
net so naief as om te glo: die ego is diƩ Een -
hy, die bewussyn wat alles beheen;
my ligaam met en vyf sintuie
bied ervaring, sensasies aan die aktiewe getuie
wat my persepsies en gewaarwording interpreteer,
my gedagtes en emosies - my doen en late wil beheer
maar ek weet nou:
Ek Is die wind wat die boomtakke swaai,
die riete wieg, die windpomp maak draai -
die ego soos die tak, die riet,
beweeg slegs soos die Monad gebied