Goed

Raak goedsmoeds ontslae van jou aardse goed
en maak ’n plekkie vir die goedheid in jou gemoed.
Soos die Prediker1 sê: “Wees goedsmoeds te midde van jou sukses,
ook wanneer onheil jou siel kom verpes,
...
ná jou dood kan jy niks nuuts meer ontdek.”
“Solank jy nog leef, bly die dood op sy plek,”
is die les wat ook Epicurus2 jou wil leer:
“Wanneer die dood daar is, is jy nie meer.”


  1. Prediker 7:14 (1933-vertaling).
  2. Epicurus, Brief aan Menoeceus, 125.