hark

ek sit die hark maar neer,
laat hom so skeef, skeef lê,
want daar is niks om te herrangskik,
of anders te wil hê -
met die reuk van nat grond en kompos blare
en spikkels lig wat wat in dou druppels blink,
net ekself is hier oorbodig
wat ook al ek van myself wil dink;

neti neti atma - ek is nie dit, ek is nie dat
niks om vas te hou - niks om saam te vat