Hoe ouer ek word...

Hoe ouer ek word,
hoe minder lyk ek soos die man wat ek onthou;
al hoe minder kan ek op my liggaam vertrou;
met minder inhibisies om voor te hou;
en tog so potsierlik om in die spieël te aanskou.

Hoe ouer ek word,
hoe meer los ek agter wat my nog hier vashou;
al hoe meer skud ek af wat aan my wil klou;
met meer waardering vir wat elke dag inhou;
vergeet ek wat was en leef in die nou.