Wie sal 'n veer vir my hoedband bring?

Bring my veer van die visarend
'n spikkel teen die blou, wat Gods seën oor Afrika roep.
Bring my 'n veer van die bosuil,
wat sawens my in rus omvou :"Hoe -hoep".

En as dan ons mekaar iewers langs die pad ontmoet,
en ek my hoed hoflik lig om jou te groet
dan is ons deel van die hier en nou, in die oomblik,
wetend God beskik.
En 'n asem ons saam en vry
Om - shanti- Shanti- Shanti