laat somer se vrugte

versigtig het hul my bors oopgevou
om my toestand, van nader te kan beskou

daar tussen geatrofeerde spiertjies
met 'n ou dun vet lagie omvou -
die organe, soos laat seisoen se vrugte
wat net deur genade nog klou;
sleg deur vrugte-vlieë toegetakel
is die ou skilletjie maar 'n erge spektakel

so, wat sê jy - is hy darem nog reg vir konfyt
of sal ons hom op die kompos hoop loop smyt?