
Ogus die bobbejaan sit mooi sentraal,
tussen die kleinhuisie en die agterstoep, geketting aan 'n paal,
van waar hy met argwaan die doen en late op die werf bekyk:
die kalkoen mannetjie wat pronkend wys hoe sy poepol lyk;
die hond wat blaf vir sy stert en snags vir die maan lê en huil;
die weglê hennetjie wat haar kuikens onder die trekker verskuil -
maar sy grootste wrewel word vir die eienaar uitgehou,
hy wat vroegdag reeds al wat leef en beef uit jou:
Wat het jy nou weer aangevang, sukkel jy om te verstaan?
Lyk my jy is net so dom soos daai hans-bobbejaan