
die oomblik waarin die eerste mens sy asem teug
en die laaste mens se asem weer word soos wind,
is die selfde oomblik waarin ek,
in vorm en gevoel,
in waarneming en projeksie
as bewustheid manifesteer
en tussen my in- en uitasem
— leeg van self
weer tot niks kan keer.