
Twee pyle wat my tref —
die eerste, ’n bron van pyn,
ongevraagd,
deur noodlot afgeskiet,
of dalk was dit so beskik.
Die tweede — selftoegedien —
die menslike lyding
van ’n ontkenning,
nie-aanvaarding,
opstand.
Die eerste wond heel homself,
die tweede bly in my beheer.¹
<small>¹ Boeddha, Sallattha Sutta (SN 36.6), “Die gelykenis van die twee pyle.”</small>