potentialiteit van wees

tussen hier en daar is die uitgestrektheid
waarin alle uitkomste reeds bestaan;
'n kwantum vakuum, buite ruimte en tyd -
die absolute leegheid, wat op die volheid wag;
waar binne die Grond van die Godheid,
in diƩ ewigheid van nou,
in elke individu se siel
voortdurend die Logos skep,
sodat ons met vrye wil
kan deel in die vergestalting
van wat is en was en sal wees...

so lei ons nie versoeking nie
en verlos ons van die bose,
sodat U wil geskied hier op aarde