
Tussen jong koring se groen,
teen die Swartberg se grou,
blom kanola geel-goud,
onder helder wolke en hemelse blou.
So borduur die dag 'n tapisserie,
wat met die pad voor ons ontvou,
waar road-kill, aan die kraaie,
hul daaglikse brood toe vertrou.
Tao Te Ching 34:
Die Tao (die pad) vloei oral.
Dit voed die tienduisend dinge,
maar beskou niks daarvan as sy eie nie.