Wie dan nou?

Die Zen koan vra:
"Wat was jou oorspronklike aangesig -
voor jou ouers gebore is?"

En ek probeer onthou:
"Wie was ek,
voor ek geword het,
wat ek nou is?"

Maar dan, hoe kan ek vergeet:
"Ek is steeds
wat ek was,
voor ek nog was"