
### 1
Vyf vette varkies van Voetfontein;
eerste varkie-parkie wou net boer, boer, boer;
tweede varkie-parkie het die mieliepap geroer;
derde varkie-parkie saai die wortels en die beet;
vierde varkie-parkie het van alles iets geweet;
maar die vyfde varkie-parkie wou net vreet, vreet, vreet …
Maar nou het die wolf die helfte van my varkies opgeëet.
### 2
Duimpie,
duimpie se maat,
lange raat,
fielefooi,
piepie in die kooi …
Ag, hoe die jare met my spot —
nou staan ek snags drie maal op en piepie in die pot.
### 3
Voorkoppie, uitkykie, uitsnuitjie,
snip-snappie, kennebakkie,
gorrelgaatjie, borsplaatjie,
kielie-kielie melkvaatjie …
Geplooide, bebrilde, snorkende,
stopselgevulde gebit;
bebaarde, beknopte, hygend benoude;
rommelende, skommelende,
bultende boep, biervaatjie.