
As ek my oë sou opslaan na die berge
en durf wonder waar my hulp van kom;
of soos Elia my in 'n grot dalks
wagting op 'n helpende hand;
sal ek nog in wind,
of aard, of vuur wat brand,
antwoord op my soeke vind -
maar die in stilte...
die stilte, wat als omvat:
Hari Om Tat Sat