
Skerfies van kristal lê verstrooi in die strate van Khayelitsha,
klein juweeltjies in die net van Indra,
elk 'n prisma wat die eens wit lig versag
tot 'n helder skitterende kleure prag;
maar nou in die bleek skemer vertoon hul grys en dof
met honger versonke oë waar hul in deurgange slof
en versteek die genot wat hul lag kan bring
as hulle helder hul vreugdelied kan sing.
Maar waar nasies deur hebsug en vrees beheer
en korporasies in wapens en toekoms-verhandeling presteer,
gee hul nie om dat hul opgeblase skadu's bestuur
armoede wat groei soos muf op 'n klam muur
en verdoem tot wanhoop dié van wie sê Hy:
"Wat julle aan hulle doen, so doen jul aan My".
Maar weet dit, nie vir hul onthalwe alleen -
saam maak hul die reënboog wat ons nasie seën
(Skildery - WL Eaton)