vaagheid van woorde

met die vaagheid van woorde,
ontsluit 'n geheim hom ten dele -
soos 'n beeld in 'n wasige spieël,
'n brokkie van die groter geheel;

wat met frasering, soos die asem bepaal,
sin uit die wye ontologie moet haal,
woorde wat eens sweef soos pluim-saad op die wind,
moet nou hulself tot vaste betekenis bind -

wat dan, soos in Mahākāsyapa se stille lag
as hy die blom in die Buddha se hand betrag,
om stilweg te sê, vir die wat arm van woorde is:
"die koninkryk ín jou - dáár lê jou erfenis."