Vol-ledig

Die nut van die pot is in die holte van die klei.
Die spasie tussen mure maak die huis waarin ek bly.
Die skip beweeg weens seile wat bol in die wind.
In die leegheid van self, is waar ek die heelheid weer vind.