Grassies wat saggies in die wind jou nader wink, na waar ragfyn geweefde spinnerakke tussen doudruppels blink - 'n silwer web tussen juweeltjies, lukraak gestrooi; 'n spinnekop verstrengel sy nag se prooi.