
As jy my roep verdwyn ek.
Wil jy my vaslê, is daar niks.
Tussen woorde spreek ek tot jou.
Tussen note van die lied klink my stem.
In die ruiseling van blare fluister ek.
In die dawering van donder verpoos ek.
Wag op my en jy sal my kry,
want wie my ken, vind rus in my.