wolkie voor die son

ek blyk bloot ’n wolk van vergetelheid te wees
vlietend gevorm en wasig belyn;
immer uiterlik aan het verander,
maar in esensie net waterdamp deur die wind gedra
wat oënskynlik tot niks sal diffundeer
of met ander tot iets veel groters kombineer
om uiteindelik tog maar net, selfloos,
Nexttot die aarde terug te keer